Friday, 6 September 2013

Polar fleece kombersies vir my kleinkinders!

Om my kleinseuns in liefde toe te vou het ek vir hulle elkeen 'n polar fleece kombers gemaak!

Benodighede!

1.5 m polar fleece  effekleur
1.5 m polar fleece in bont
sker
maatband

So maak jy:

  1. Plaas die effekleur en bont polar fleece bo op mekaar, en sny die self kante af, maak seker jy sny dit so gelyk as moontlik.
  2. Op elke hoek sny 'n 12 x 12 cm vierkant uit.
  3. Sny dan vanaf die hoek 5cm repe, en vou dit saam en maak 'n knoop
  4. Koop die hele kombersie eers aan die een kant voor jy die ander kant sny. 
  5. So maklik soos dit, net "n uur se werk en jou kombersie is voltooi!!

Twee kleur effekleur en bont

Pooh bear kombersie
  Twee kleur "diertuin" kombersie!

Met liefde gemaak

Sjoe!!!! Die lewe is nie altyd maklik nie. n Mens moet altyd jou sente omdraai, daarom deel ek graag al my idees en tuisgemaakte patrone, resepte en nogmeer met julle. Doen als met liefde en dit sal n sukses wees.